Local newsNews

Bejaardes kry swaar sonder water

Jannie Kotze (bestuurder by Suikerbosoord Vereniging vir Bejaardes) het sy kommer oor gereelde watertekort by die aftreeoord uitgespreek.

“Elke keer wanneer ‘n waterpyp bars of onderhoudwerk gedoen word, word ons met ‘n watertekort lamgelê. Ek is veral bekommerd oor die hoësorgeenheid. ‘n Waterpyp wat in Augustus naby die oord gebars het, het veroorsaak dat ons geen water vir bykans ‘n week gehad het nie. Bejaardes moet toilette deel en gebad word en ‘n watertekort is ‘n gesonheidsrisiko vir almal hier,” het Kotze gesê.
Hy beplan nou om ‘n wateropgaarprojek in plek te sit om te verseker dat Lesedi Plaaslike Munisipaliteit (LPM) se waterkrisisse nie die inwoners beïnvloed nie.
“As deel van die projek, beplan ons om opgaartenks en ‘n boorgatpomp aan te koop en benodig finansiële hulp vanuit die gemeenskap. As ons hande vat met die publiek, besighede en finansiële organisasies, kan ons saamwerk om die projek ‘n sukses te maak. Met die Covid-19 regulasies wat reeds ‘n impak op die oord het, kan ons nie bekostig om ook sonder water te sit nie. Die gesondheid van ons inwoners en higiëne van die oord is vir ons prioriteit,” het Kotze sy kommer uitgespreek.
Hy vra dat enige persoon, besigheidseienaar of instansie wat tot die projek wil bydra hom by 082 386 3244 sal skakel.
Indien die gemeenskap donasies wil maak, kan dit direk in Heidelberg Vereniging vir Bejaardes se ABSA tjekrekening (nommer 1017720755) inbetaal word.
“Suikerbosoord Vereniging vir Bejaardes is ‘n nie-winsgewende-organisasie (NOW001-954) en enige hulp vir die wateropgaarprojek sal waardeer word,” het Kotze afgesluit.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button