Local newsNews

Chanté is op pad na eisteddfod kampioenskappe

HEIDELBERG – Chanté Krugel (9) het sewe diplomas met haar deelname aan Heidelberg Eisteddfod in September losgeslaan.

Chanté, ’n graad drie leerder van Laer Volkskool, dans vanaf drie-jarige ourderdom en is vir die afgelope twee jaar deel van Cillie Cilliers Dramaskool.

Chanté Krugel tydens een van haar opvoerings by Heidelberg Eisteddfod in September waar sy uitstekend presteer en sewe diplomas gewen het.

Vir die kompetisie, wat deur middel van video opnames plaasgevind het, het sy agt stukke voorgedra en uitstekende prestasies behaal vir gedramatiseerde poësie (93%), classic monologue (90%), contempory monologue (90%), dramatised poetry (92%), dramatic monologue (92%), own-choice poetry (90%) en comic monologue (85%).

Vir haar eie-keuse poësie, waarvoor sy 93 persent behaal het, het sy Mona, die engeltjie wat nie kon vlieg nie voorgedra en kinders vriendelik versoek om weg te bly van alles soet.

Chanté Krugel tydens haar eie-keuse poësie opvoering van Mona, die engeltjie wat nie kon vlieg nie, waarvoor sy 93 persent behaal het by die Heidelberg Eisteddfod.

Chanté het vir die Suid-Afrikaanse kampioenskappe, wat op 4 Desember sal plaasvind, gekwalifiseer.
Sy volg in haar sussie, Charmoné (14), se voetspore wat 12 medaljes by die kampioenskappe in 2019 verwerf het.

Chanté Krugel het sewe diplomas by die Heidelberg Eisteddfod in September losgeslaan.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button