Local newsNews

VLU Goeiehoop dames sluit jaar af

VLU Goeiehoop-tak het op 5 Desember hul jaarlikse afsluiting by Carol du Plessis, wat as gasvrou opgetree het, se huis gehou waar sy ‘n driegang-maaltyd vir die dames voorgesit het.

Die dames is verwelkom met ‘n lekker koppie koffie saam met ‘n kolwyntjie met biltong, kaas en konfyt op.

Van die kleinkinders en kinders het ook die afsluiting bygewoon en het geskenkies van hul ma of ouma ontvang.

Die driegang-maal is afgeskop met gekrummelde sampioene en tartare sous as voorgereg. Daarna is die hoofmaal bedien wat bestaan het uit geroomde groenbone, pampoenkoekies in ‘n karamelsous, blomkool met kaassous, geelrys met rosyne en vleisgeregte van gammon, varkboud, en hoenderpastei saam met gebakte aartappels.

Heerlike bruin gebakte poeding met roomys en vla asook ‘n vrugtekoek met ‘n brandewynsous het die maal voltooi.

Terwyl die dames gesmul het aan die maaltyd het hul geskerts en gesels en uitruilgeskenkies vir mekaar gegee.

“Ons sien uit na ons volgende vergadering in Januarie 2021 en wil graag nuwe lede werf,” het Carol gesê.

Enige dame wat will aansluit kan Carol, die skakelbeampte by 083 233 9624 kontak.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button