Local newsNews

Ikoon van Heidelberg op KykNET

Melinda (61) en Christo van der Merwe (70) het 42 jaar gelede as juweelvervaardigers hul besigheid, Diamante en Goud, begin.

Vandag is Diamante en Goud een van Heidelberg se ikone en besoekers van wyd en suid besoek hierdie gesogte plaaslike besigheid daagliks.

“Ons het in 1991 die perseel in Begemanstraat gekoop en uitgebrei van juweelvervaardigers na antieke meubels, ’n teetuin en veral outydse lekkers,” het Melinda vertel.

In 1991 begin hul ook die welbekende Nagmark wat na Covid-19 verander het in ’n Dag/Nagmark.

“Die mark is een van die mees besogde markte wat deur alle dorpe besoek word. ’n Groot persentasie van ons kliënte is nie van Heidelberg nie en ons verwelkom ook gereeld buitelandse besoekers,” het Melinda gesê.

Toe sy gevra is wat maak Diamante en Goud so uniek, het sy geantwoord: “My man is ’n meester goudsmit wat juwele op bestelling maak. Ons bestuur saam die besigheid en is as eienaars daagliks op die perseel. Ons glo in gehalte, vriendelike diens en ’n persoonlike verhouding met ons kliënte. Die verskillende fasette wat ons op een perseel bied, maak ons nog meer uniek.”

Die mark vind op die eerste Vrydag van elke maand vanaf 10vm tot 9nm plaas.

Die KykNET program Met ’n Huppel in jou Stap het Diamante en Goud besoek om met Melinda te gesels oor Heidelberg as ’n geskikte dorp vir aftrede.

Kyk gerus na haar onderhoud wat op 17 Februarie om 5:30nm uitgesaai word op DStv kanaal 144.

Met die inklokreël sedert Covid-19 het die Nagmark verander in ‘n Dag/Nagmark elke eerste Vrydag van die maand vanaf 10vm tot 9nm.
Die Dag/Nagmark vind op die eerste Vrydag van elke maand plaas en word deur baie omliggende dorpswoners besoek.
Diamante en Goud is ‘n ikoon van Heidelberg vir die afgelope 42 jaar.
Die Dag/Nagmark is een van die mees besogde markte wat deur besoekers van alle dorpe af besoek word. Uitstallers stal met graagte hul produkte uit en kosstalletjies sorg vir heerlike wegneemetes.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button