Booker se vrou ook opgeneem met Covid-19
Heraut het in die uitgawe van 21 Januarie verslag gegee van George Booker wat in die Life Suikerbosrand Hospitaal aansterk nadat hy met Covid-19 in die intensiewe eenheid op suurstof was.
Booker se vrou, Ansie, is ook opgeneem op 18 Januarie nadat sy begin sleg voel het en simptome van Covid-19 getoon het. Ansie is Dinsdag positief vir Covid-19 getoets.
Haar toestand is stabiel en haar koors het teen Dinsdagmiddag gesak. Sy sukkel steeds met erge hoofpyn.
Beide George en Ansie is in die hospitaal se Covid-19 saal. Die medici wat hulle behandel het gesê hulle is gelukkig met George en Ansie se vordering en sal moontlik binne die volgende week ontslaan word.
“Ons wil weer eens almal wat ons in hul gebede opgedra het bedank en teenoor die gemeenskap wat finansieël bygedra het tot die mediese koste is ons oneindig dankbaar,” het Yolandie Boshoff (dogter) gesê.
LEE OOK:
George Booker en sy vrou Ansie altwee in hospitaal met Covid





