Hoërskool Ermelo vereer Graad 12-presteerders
Hoërskool Ermelo het leerders tydens sy Graad 12-lourierfunksie vir hul akademiese, sport- en kultuurprestasies asook hul leierskap en bydraes tot die skool vereer.

Hoërskool Ermelo het onlangs sy Graad 12-lourierfunksie gehou, waartydens verskeie matrikulante vir hul akademiese, sport- en kultuurprestasies vereer is.
Clarissa Nel is as die skool se Dux-leerder aangewys. Sy ontvang ook die Sybrand Harris-prys vir die beste prestasie van Graad 8 tot 12. Haar ander toekennings sluit in die Marelie Senekal-wisseltrofee vir Beste Akademiese dogter in Adriani, NJ Robertse-boekprys vir Beste Sport en Akademie in Gr.12, die Dr. Leon van Rooyen-boekprys vir beste leerder in Afrikaans Huistaal, die Michelle en Nicole Venter-boekprys vir beste literatuur in Engels Eerste Addisionele Taal en die Esther de Wit-boekprys vir beste leerder in Lewenswetenskappe.
Elané Nel het verskeie akademiese toekennings ontvang, waaronder die Edgar Filter-boekprys vir beste leerder in Rekenaartoepassingstegnologie (RTT), die Japie Cilliers-boekprys vir beste leerder in Lewensoriëntering en die ABSA-wisseltrofee vir beste prestasie in Wiskunde en Rekeningkunde in Graad 12. Sy het ook die Roelien Groenewald-wisseltrofee vir die tweede beste presteerder in graad 12 en die Vos Steyn en Labuschagne-boekprys vir beste leerder in Rekeningkunde ontvang.
Nolwethu Shongwe is vereer met die Computer Premiere-boekprys vir meriete in RTT en die Danie van der Walt-boekprys vir beste tweetalige leerder. Haar ander toekennings sluit die Insig-wisseltrofee vir beste kreatiewe skrywer in Huistaal in Graad 12, asook Freshstop-boekpryse vir beste literatuur en beste taal in Engels Huistaal. Sy het ook die Hoëvelder-boekprys vir beste opstel in die proefeksamen vir Engels Huistaal en die EHS-boekprys vir beste leerder in Engels Huistaal ontvang.
Simphiwe Kunene het erkenning ontvang vir haar kreatiewe skryfwerk en akademiese prestasies. Haar toekennings sluit in die Insig-wisseltrofee vir beste kreatiewe skrywer in Eerste Addisionele Taal in Graad 12, die EHS-boekprys vir beste letterkunde in Afrikaans Eerste Addisionele Taal en die Gerda van Zyl-boekprys vir beste leerder in Afrikaans Eerste Addisionele Taal. Sy het ook die Prof. LJ Grobler-NWU-ingenieursprys vir meriete in Fisiese Wetenskappe en die Grasdal-boekprys vir meriete in Rekeningkunde ontvang.
Op sportgebied is Luan Greyling bekroon met die Riël du Toit-wisseltrofee vir mees toegewyde sportseun in Graad 12 en die Anton Arnoldi-wisseltrofee vir Sportseun van die Jaar in Graad 12.
Dirk Rouillard het die James Prinsloo-wisseltrofee vir beste speler in die eerstespan rugby ontvang, asook die Dr. Ernst Schoeman-boekprys vir leierskap onder seuns.
Franco Gibbens is vereer met die Theana de Beer-wisseltrofee vir beste kultuurbydrae in Graad 12, die Huis Veltman Akademiese Wisseltrofee vir beste akademie in Huis Veltman en die ABK van Zijl-boekprys vir Ware Heer.
Mia van Deventer het die EHS-wisseltrofee vir Spelers se Speler van die Jaar in die eerste netbalspan ontvang. Sy is ook bekroon met die Tribune-wisseltrofee vir beste kreatiewe skrywer in Eerste Addisionele Taal in Graad 12 en die Faans van der Merwe-wisseltrofee vir beste prestasie in kultuur en akademie.
Armand Coetzer het die EHS-wisseltrofee vir beste prestasie in sport ontvang.
Jani Uys is vereer met die Malan-wisseltrofee vir beste speler in die eerste hokkiespan, die Mari-Louise Henning-wisseltrofee vir Sportdogter in Graad 12 en die NJJ van Rensburg-boekprys vir veelsydigste sportleerder in graad 12.
An-Euné van Niekerk het ook erkenning ontvang vir haar bydrae tot kultuur en is bekroon met die Theana de Beer-wisseltrofee vir beste kultuurbydrae in Graad 12.













