Ignus Coetzee (6) Gaan kersfees kerk toe en as hulle winkel toe gaan koop sy ma persente maar hy mag nie loer wat dit is nie toegedraai nie. Ignus wil graag ’n slide, dromme, vliegtuigie,bike en guns hê.
Alicia Manqina (5) wants lots of presents and a Frozen bike and she wants to buy her mom a Cross Polo.
Amkelane Ndebele (5) would like a new green bicycle and toy cars.
Andiswa Mabilisa (5) wants cars for Christmas, they must be yellow and fast.
Brandon Bruyns (6) Hy wil graag speelgoed hê om mee te speel, hy soek speel treine, karretjies en drie visstokke sodat die familie saam kan visvang.
Chané Barnard (6) “Kersvader sorg dat ons kossies kry en ’n bed, sy wil graag Barbie poppe, Barbie duvet & kussing en ’n mooi kamer hê.
Chanté Barnard (5) Sy wil graag ’n gewone Barbie pop hê en vir haar ma ’n pot vir blomme en ’n mes vir haar pa om die visse mee skoon te maak as hulle gaan visvang.
Crystal Niemand (6) “Kersfees gaan ek slaap en visvang” sy wil graag nuwe poppe hê en haar ma moet ’n nuwe kar kry want sy sukkel so met die oue.
Darius kruger (6) Hy wil graag ’n groen 4×4 “remote contol” karretjie met sulke “spikes” op sy wiele hê. Sy ma moet ’ stok-hartjie en ’n rooi deurtjie kry en ’n “straatbike ” motorfiets vir sy pa.
DJ Smit (7) Sien uit na die vakansie en wil graag ’n Cars duvet hê, sy ma moet ’n Hello Kitty duvet kry en sy pa ’n nuwe kar.
Frikkie du Plooy (6) “Ons vier kersfees want dit is Jesus se geboorte en ons kry persentjies.” Hy wil graag ’n blou fiets met ’n waentjie hê.
Herman van Zyl (7) Soek ’n radarkarretjie met ’n “control” sy ma moet ’n mooi rok kry en sy pa ook ’n speelgoedkarretjie “want hy soek een.”
Ignus Coetzee (6) Gaan kersfees kerk toe en as hulle winkel toe gaan koop sy ma persente maar hy mag nie loer wat dit is nie toegedraai nie. Ignus wil graag ’n slide, dromme, vliegtuigie,bike en guns hê.
Jac Botha (6) ” Ek wil graag hê al die goeters wat cool is. My ma moet ’n klitser kry want sy sukkel om al die goete deurmekaar te klits met haar ander klitser en my pa moet ’n Harley sticker kry.”
Jaden Enslin (6) “Kersfees gee mamma en pappa vir ons presente dan gaan ons kerk toe en dan eet ons en dan speel ons.” Hy wil graag ’n “armykar”, tennisraket, vliegtuig en ’ visvangstok hê.
Jaden Naicker (5) says he’s been a good boy and would like a Hulk bicycle.
Jan-Paul Grey (6) “Kersfees is wanneer ons geskenke kry” hy wil graag ’n regte motorfiets, ’n speel bakkie wat batterye vat en ’n speel motorfiets ook hê. Jan-Paul sê hy gaan vir sy mamma ’n prentjie teken vir kersfees.
Jovón van Zyl (6) ” Ek wil ’n voëltjies hê, soek ’n pappegaai, een wat kan pik. My pappa wil niks hê vir kersfees nie.”
Jowan du Toit (6) Wil graag ’n speel-karretjie en ’n speel-geweer. “dis al”.
Katryn Stapelberg (6) “Kersfees kry die bome ronde goed en sterretjies.” Sy wil graag ’n blourok-pop met vlerke en ’n sitplek en haarkleur goete hê en sy soek bietjie ook ’n wit boom vir kersfees.
Kayla van Zyl (6) “Kersfees is wanneer Jesus verjaar en ons gee vir Hom presente. Ek soek ’n wit kat met ’n grys hok, ’n hula hoop en ’n regte dogtertjie perd en ’n babahond in ’n boksie.”
Konke Kunene (4) said that he wasn’t naughty so he should get a present.
Kutlwano Xulu (6) ” Christmas is time to celebrate family and happiness.” He would like a toy boat and a remote control car and he’s going to buy his mom a nice big present and his dad is getting a surprise.
Lee-Ann Otto (6) “Kersfees kry ons geskenke want ons mamma koop vir ons.” Sy wil graag ’n Barbie pop hê en haar pappa moet ’n hemp kry want hy het nie genoeg nie.
Lohan Swart (6) “ons vier Kersfees Jesus se geboorte” hy wil graag ’n nuwe 2200 geweer hê en gaan vir sy pa ’n nuwe mes gee en sy ma moet ’n mooi foon kry.
Lozane Botha (6) Wil graag ’n Barbie pop en ’n prinses-fiets hê, haar pa moet ’n hoed kry “want hy het te min hoete.”
Lukas van Vuuren (6) ” Ek soek ’n remote karretjie, rysies en my ma’n hangertjie en my pa… laaat ek dink…’n radio want ons kar het nie een nie.”
Lwazi Losenda (5) ” Christmas father brings toys, I want a red bicycle and a car.”
Mapule Mphethe (4) Is going to play this holiday so he needs to get lots of toys, he’d like to buy mom and dad each a Range Rover.
Melodee Lombard (6) Sy vertel dat Kersvader in die nag kom om vir ons persente te bring. Sy soek graag ’n tablet.
Michael Gouws (6) ” Kersfees is wanneer al die kindertjies verrassings kry.” Hy wil graag ’n jaggeweer hê sodat hy saam met sy pa kan gaan jag.
Millané Pretorius (6) “As kersvader vir ons presente bring moet ons mooi daarna kyk, ek soek ’n Sofia fiets en ’n Barbie pop.”
Mina Van Zyl (7) Wil graag ’n Barbie pop vir kersfees hê en ’n foon vir haar pa en ’n tablet vir haar ma.
Morné Botha (6) “Kersvader bring vir ons speelgoed want ons het vir dit gevra. Hy wil jagspeletjies hê sodat hy en sy pa lekker saam kan speel.
Nathan Joubert (6) “Kersfees kry jy verassings en Kersvader vlieg verby jou huis om hulle vir jou te bring, ek soek ’n karretjie wat agter toe trek en self ry, ’n geweer en ’n Ninja Turtle speelding.”
Niel Jacobs (6) Hy soek TV-speletjies – Mario Bros, sy ma moet ’n foto van ’n hartjie kry en sy pa ’n hammer ” want hy het min hammers”.
Nkosinathi Mahlangu (6) says christmas is about spending time with family and going to the shops to buy things. he would like a toy tablet.
Nthabiseng Manzi (4) says that Christmas is a time to eat a lot of cake, she would like a new bicycle and says that she’s going to buy her dad a chocolate.
Richard de Witt (6) Hy wil graag ’n fiets met kersvaders op en ’n kinder-DVD hê.
Ruben Zeelie (6) ” ek soek sommer ’n vistenk met ’n baba barber in, soek sulke dragon Crocks en sommer ’n regte lang groot haelgeweer ’n 77 88 99 een en Cars karretjies.”
Ryan Buys (6) Sy briefie na kersvader sluit in: ’n kersvader-DVD, kamera vir sy ma en ’n nuwe foon vir sy pa want syne is glo te stadig.
Vanessa van Dyk (6) ” Kersfees is wanneer Jesus verjaar en ons wens Hom geluk met Sy verjaarsdag, ek soek ’n Barbie pop en ’n pop wat kan praat.”
Zinzile Mapetha (4) All she wants for Christmas is a new Elsa dress.
Reeva Shaid (5) would like Barbie Dolls for Christmas and her mom should get clothes and a real car for her dad, a Range Rover, she said.