Community galleriesGalleries

Geveerdes pronk

Eerste keer op skou was die Jersey Giant, 'n groot ras oorspronklik van New Jersey in die VSA.

Die Mpumalanga Pluimveeklubskou het Saterdag in die pluimveesaal op die Ermelo-skouterrein plaasgevind.
250 hoenders van 22 verskillende rasse was op skou.

Eerste keer op skou was die Jersey Giant, ‘n groot ras oorspronklik van New Jersey in die VSA.

Hendry Annandale van Vryheid is die trotse eienaar van dié besondere ras wat vir beide eier-en vleisproduksie geteel word.

Die vyf beste hoenders op skou was:
*Ou Engelse veghoender (groot), ‘n Pile-haan, eienaar: Barry Suddards (Wakkerstroom).
*Ou Engelse veghoender (klein), ‘n swart / rooi haan, eienaar: Barry Suddards (Wakkerstroom).
*Beste groot sagteveer, ‘n Speckled Sussex, eienaar: Pieter Marx (Chrissiesmeer).
*Bantam sagteveer, ‘n Wyandotte-hen, eienaar: Herman Matthee (Nelspruit).
*True Bantam, ‘n Sablepoot, eienaar: Herman Matthee (Nelspruit).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button