Community galleries

Planete vol pret by Hervormde Kerk Ermelo se jaarlikse basaar

Die kindertafel het vanjaar die kinders die ruimte in geneem, met verskeie ruimteverrassings.

ERMELO – Die Hervormde Kerk Ermelo het op 30 Julie sy jaarlikse basaar aangebied.

Dié basaar het soos vorige jare nie teleurgestel nie, en die inwoners het heerlik gesit en gesels, terwyl die jongspan se lag op die terrein weerklink het.

‘n Groot rondomtalieswaai, ruimtetuig en foefieslaaid is van die opwindende aanloklikhede wat die basaargangers kon geniet.

Die manne het ook die geleentheid gehad om hul kragte op die hamerslaan te meet.

Die kindertafel het vanjaar die kinders die ruimte in geneem, met verskeie ruimteverrassings.

Bosveld-burgers, kerrie-en-rys, warm skyfies, vetkoek, sosaties en ‘n koffiekroeg het gesorg dat niemand honger of dors ly nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button