Hospitaal se diens gaan agteruit
Ek skryf dié klagtebrief omat dit nodig is. Ek is al lank ’n pasiënt by Evander Hospitaal en ek het goeie diens vir 10 of 12 jaar ontvang, maar in die laaste vyf of agt jaar, het dié hospitaal se diens al hoe meer agteruit gegaan. Die organisasie en hulpvaardigheid van die personeel het so …
Ek skryf dié klagtebrief omat dit nodig is.
Ek is al lank ’n pasiënt by Evander Hospitaal en ek het goeie diens vir 10 of 12 jaar ontvang, maar in die laaste vyf of agt jaar, het dié hospitaal se diens al hoe meer agteruit gegaan.
Die organisasie en hulpvaardigheid van die personeel het so verswak dat Evander Hospitaal byna nie meer ’n hospitaal genoem kan word nie.
Vir sekere siektes en probleme is daar geen hulp nie, jy word byna daagliks by dié hospitaal weggewys weens swak diens.
Ek was in 1975 vir die eerste keer by Evander Hospitaal, toe was dit ’n uitstekende hospitaal.
Ek sal graag wil weet wat nou in dié hospitaal aangaan dat hul diens so verswak het.
Dankie aan die personeel van die Ridge Times vir julle hulp.
Moeg vir swak diens, Secunda.