Tarentaalweek
MC Booysen en Corné Klopper wen Tarentaalweek.
BETHAL – MC Booysen en Corné Klopper het Bethal Gholfklub se jaarlikse Tarentaalweek gewen.
Dit was die 20ste jaar dat die toernooi aangebied is.
Mnr. André Cruse van die Kyknet-produksie, Voorgee, het ook sy verskyning tydens dié toernooi gemaak.
Die R100 000-putjie waartydens spelers die kans gehad het om dié geld te wen deur die bal met een hou te sink, het baie sien probeer, maar niemand wat dit kon bemeester nie.
Die klub het op Woensdag, 23 Oktober sy eerste wenner, Frik Lombard (snr) aangekondig
Corné Klopper het Donderdag, 24 Oktober koning gekraai en Riaan van Jaarsveldt en Adriaan Louw was Vrydag se wenners.
Nicholas Mahlangu het ook Saterdag sy Tarentaaltrofee ontvang.
Die klub se komitee het al die borge bedank vir hul bydrae om van dié week ‘n sukses te maak.
Hulle het ook almal wat in beheer was om die baan, terreine en klubhuis ‘n nuwe voorkoms te gee, bedank.
“Ons kan nie al die name van individuee en ondernemings noem nie, want daar is te veel, maar ons weet wie almal is en waardeer almal se bydrae baie.”
Nominasielyste vir die nuwe komitee sal vanaf Vrydag, 1 November by die klub beskikbaar wees.
Die gholfklub hou ook op Woensdag, 20 November vanaf omstreeks 6nm vir 6.30nm in die saal hul algemene jaarvergadering.
“Ons vra dat alle lede van die klub dié vergadering bywoon en asseblief verskoning by mnr. Kruger sal maak indien hulle nie kan nie.”
Mense wat by die klub wil aansluit of ‘n potjie gholf wil kom speel, kan mnr. Chris Kruger skakel by 017 647 3265.