GeneralLocal newsNews

Motorfietsklub gee om

Mnr. Dirk Grobler is met ’n rare Lymphoma-kanker gediagnoseer.

BETHAL – Die Live Ride Dream Motorfietsklub (LRD) op Secunda het onlangs ’n geldinsamelingsprojek vir mnr. Dirk Grobler wat vroeër vanjaar met Lymphoma (kanker in die limfkliere), gediagnoseer is, gehou.

Mnr. Grobler se broer, Kobus, het gesê volgens die dokters is dié soort Lymphoma-kanker skaars.

Lede van die motorfietsklub het tydens die geldinsamelingsprojek onder andere ’n trui wat deur die Lions Curriebekerspan geskenk en geteken is, asook ’n bottel wyn opgeveil waarna die geld aan mnr. Grobler oorhandig is.

Mnr. Grobler en familielede het mnre. Mark Claasen van Kentz, Rocy Steyn, president van die LRD-motorfietsklub, en hul lede, Midas, Pin it, Scorpion Motorcycles, Cobra Motorcycles, alle ander motorfietswinkels en die publiek wat ’n bydrae gemaak het, bedank.

Mnr. Grobler gaan vir die volgende ses tot 10 maande elke drie weke by die Steve Biko Hospitaal in Pretoria vir chemoterapie en het op 29 Oktober sy eerste behandeling ondergaan.

Om mnr. Grobler te ondersteun of om ’n geldelike bydrae te maak, skakel Quinton by 073 244 0842 of Rocky by 076 670 3048.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button