Local newsNews

EARS het jou hulp nodig

Sonder al die skenkings van weldoeners sou dit finansieël nie moontalik gewees het om na die diere om te sien nie

Week ná week word daar berig oor verlore honde en katte wat liefdevolle eienaars soek, maar totdat die diere wel aangeneem word, moet hulle daagliks versorg en liefde en aandag gegee word.

Ears het die verantwoordelikheid op hulself geneem om na die wesies om te sien en antwoord daagliks oproepe om diere in nood of diere wat bloot weggegooi word, te huisves.

Sonder al die skenkings van weldoeners sou dit finansieël nie moontalik gewees het om na die diere om te sien nie en Ronél van der Merwe (voorsitter) bedank graag al die borge vir hul onbaatsugtigheid.

Met die toename in diere wat versorg moet word, het dit vir Ronel onmoontlik geword om alles alleen te doen en rig sy ’n versoek aan die publiek om ’n paar uur ’n maand af te staan om hul hulp by die hokke aan te bied. Daar is altyd iets wat gedoen moet word, soos die gras wat weekliks gesny moet word.

Dit is tans ’n groot probleem en Ronél sal dit baie waardeer as iemand met dié taak kan help. Offer ’n paar ure op en kom help om ’n verskil te maak in die weerlose diere se lewens.

Vir meer inligting, skenkings of om jou dienste aan te bied, skakel Ronel by 083 400 1079.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button