EHS-redenaars kwalifiseer vir nasionale kompetisie
Redenaars van Hoërskool Ermelo het onlangs aan die provinsiale rondte van die Interskole Redenaarskompetisie deelgeneem, waar verskeie leerders hul plek in die nasionale rondte verseker het.
ERMELO – Redenaars van Hoërskool Ermelo het onlangs aan die provinsiale rondte van die Interskole Redenaarskompetisie deelgeneem, waar verskeie leerlinge hoë punte behaal het en ’n plek in die nasionale rondte verseker het.
In die Afrikaanse gr. 10 tot 12-voorbereide afdeling het Miané Swanepoel 96% behaal, gevolg deur Franco Gibbens met 94,5% en Carel Hancke met 94%. Janeske Jansen van Rensburg het 92% behaal, terwyl An-Euné van Niekerk 90% verower het.
In die Afrikaanse gr. 8 tot 9-voorbereide afdeling het Zené Griesel 93% behaal. McKayla van der Merwe het 91%, terwyl Milan Zwarts en Lienke Kleynhans elk 90% behaal het.
Miechke Mostert het 87% behaal, gevolg deur Tiné Kriek met 84% en Leanté Low met 83%.
In die Afrikaanse onvoorbereide gr. 10 tot 12-afdeling het Kara McKenzie en Karli van Schalkwyk elk 94% behaal en Franco Gibbens 92%.
In die onvoorbereide gr. 8 tot 9-afdeling het Abigail Zwarts 92% behaal en Milan Zwarts 90%.

Die junior spanne-afdeling het bestaan uit Miechke Mostert, Attie Joubert, Milan Zwarts en Zené Griesel, wat elk 84% behaal het.
Die Engelse deelnemers het ook goeie uitslae behaal.
In die gr. 10 tot 12-voorbereide afdeling het Madri van Niekerk 96% verower. Shiloh Theron het 93% behaal, Manelisi Smith en Siyamthanda Nkambule 91% elk. Siphesihle Vilane het 86% behaal en Faith Maphosa 84%.
In die Engelse gr. 10 tot 12 onvoorbereide afdeling het Kara McKenzie 91,5% behaal.
Die volgende redenaars het deurgedring na die nasionale rondte van die Interskole Redenaarskompetisie, wat op 19 September by Wits Universiteit plaasvind.
• Afrikaans: Miané Swanepoel, Kara McKenzie en Karli van Schalkwyk.
• Gr. 8-span: Attie Joubert, Zené Griesel, Miechke Mostert en Milan Zwarts.
• Engels: Kara McKenzie en Madri van Niekerk.



