Local newsNews
Help SAVF-Huis met bouwerkie
Die SAVF-Huis in Ermelo benodig die hulp van die gemeenskap om ’n nuwe sekuriteitshuisie by die ingang tot die terrein op te rig. Besoekers aan die tehuis word tans begroet deur ’n wag wat sy verskyning uit ’n ou, rooi-geverfde sinkgeboutjie maak. Behalwe dat die huisie afbreuk doen aan die voorkoms van die terrein, dien …

Die SAVF-Huis in Ermelo benodig die hulp van die gemeenskap om ’n nuwe sekuriteitshuisie by die ingang tot die terrein op te rig.
Besoekers aan die tehuis word tans begroet deur ’n wag wat sy verskyning uit ’n ou, rooi-geverfde sinkgeboutjie maak.
Behalwe dat die huisie afbreuk doen aan die voorkoms van die terrein, dien dit ook nie meer vir die wag as beskerming teen die elemente nie.
Die SAVF het reeds bousand en bakstene wat aan hulle geskenk is en benodig nou sement sowel as ’n bouer wat bereid is om sy diens aan te bied.
Mense wat graag op enige wyse tot dié projek wil bydra, kan Mientjie gedurende kantoorure by 017 819 3614 skakel .
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.