Local newsNews
VLU hou jaarlikse konferensie
Tydens die geleentheid is lede van die verskeie takke in Ermelo beloon vir projekte wat gedurende die jaar plaasgevind het.

Die Vroue Landbou-unie (VLU) se jaarlikse konferensie is deur die Millenium-tak by die Hervormde Kerk Debruinpark aangebied.
Tydens die geleentheid is lede van die verskeie takke in Ermelo beloon vir projekte wat gedurende die jaar plaasgevind het.
Die Adoré-aandtak spog met twee wenners. Retha van der Merwe het ’n eerste plek in die fotokompetisie met “Weerkaatsing” as tema verower.
Cielie Nieuwenhuizen het weggestap met die tweede prys in die blommerangskikking se beginnersafdeling met “Iets nuts” as die tema.
Die Adoré-aandtak vergader op 14 April by die voorsitter, Elsie Webb se huis.
Vir meer inligting, skakel haar by 083 305 9507.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.