Local newsNews

Klein tuigies bied groot opwinding

Klublede sal ook toeskouers vermaak deur van hulle modelvliegtuie en -helikopters deur hul passies te sit.

Ermelo Radio Flyers nooi die gemeenskap om eerskomende Sondag van 09:00 tot laat hulle uitstallingsdag by te woon.
’n Verskeidenheid modelvliegtuie asook modelkarretjies sal uitgestal word.
Afhangend van die weer sal daar ’n geleentheid vir die publiek wees om self ’n modelvliegtuig te vlieg teen slegs R50 ’n keer.
Klublede sal ook toeskouers vermaak deur van hulle modelvliegtuie en -helikopters deur hul passies te sit.
Die dag word by Ermelo Radio Flyers aangebied, 7 km buite Ermelo op die pad na Amersfoort.
Aanwysings sal aangebring word. GPS- koördinate is 26 grade 35’ 46.72” S en 29 grade 58’ 02.66” E
Worsbroodjies en koeldrank sal te koop wees en braaivleisvure sal beskikbaar wees vir dié wat wil bring en braai.
Vir meer inligting, kontak Riaan Prins by 082 901 5109.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button