Doep herleef in Oos-Kerk
Koos du Plessis se musiek het nie 30 jaar gelede saam met hom gesterf nie.

Koos du Plessis se musiek het nie 30 jaar gelede saam met hom gesterf nie.
As deel van die inlywing van die nuwe kuierplek by die Oos-Kerk bied Jannie du Toit op Vrydag, 15 Augustus om 19:00 sy eenmanvertoning, Doep is nie dood nie aan.
Die verhoogproduksie het baie goeie resensies gekry en kenners is dit eens dat Jannie se sensitiewe vertolking van Koos se musiek met jare se ervaring kom en sal verseker dat Koos Doep se musiek en woorde nooit in die harte van sy aanhangers sal sterf nie.
Konsertgangers sal ook versnaperinge voor ’n gesellige kaggelvuur kan geniet.
Kaartjies beloop R200 per persoon, is by die kerkkantoor beskikbaar en die geld sal aangewend word vir die boufonds van die Ermelo Oos-Selkerk.
Vir navrae, skakel Elsie Steyn by 017 819 6066/7.