Editor's choiceLocal newsNews

Trudie beloon vir uitnemende diens

Kinders lê haar na aan die hart.

Trudie van der Bank se toewyding aan haar werk is deur die Departement van Justisie beloon.
Dié nasionale toekennings word jaarliks aan kandidate in die Staatsdiens gegee en dié jaar was was ’n eerste vir die Departement van Justisie.
Trudie, wat bykans 10 jaar by die Ermelo Landdroshof werk, is ’n klerk van die kinderhof.
Sy is die eerste persoon met wie mense in kinder- en familiesake te doen kry en sy sorg altyd dat kinders se veiligheid eerste kom.
Trudie sê sy geniet haar werk baie, hoewel sy soms slapelose nagte het.
“Een van die grootste furstrasies is ouers wat kinders mishandel of hulle gebruik om mekaar by te kom,” sê sy.
Trudie is ook betrokke by die Ermelo Kinderhuis. Haar werk by die kinderhof het gelei tot haar onbaatsugtige diens by die kinderhuis waar sy sedert 2011 as sekretaresse dien.
Op die vraag wat sy doen as sy net wil ontspan, lag sy en vertel dat met dit nie moontlik is met drie seuns (ouderdomme 5, 10 en 12) en ’n man nie.
Maar sy leef vir haar gesin en sal enigiets vir die seuns doen van heen en weer ry tussen skaak-en stoei-oefeninge tot hulp met huiswerk.
Trudie, wat deur die hofbestuurder, me. P.N. Buthelezi, vir die toekenning aanbeveel is, was verbaas toe sy as wenner aangekondig is en het eers na die persoon langs haar gekyk toe hulle haar naam uitroep.
Sy glo dat daar baie ander amptenare is wat bereid is om die eksta myl te stap en ’n verskil in ander se lewens te maak en voel geëerd om die toekenning te kon ontvang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button