Local newsNews

Oom Corrie is Errie van die Eeu

Oom Corrie Kleinhaus, voormalige redakteur van die Hoëvelder, het tydens die EHS se Lourierfunksie verlede Vrydag ’n besondere eer te beurt geval toe hy aangewys is as die skool se Errie van die Eeu.

Oom Corrie Kleinhaus, voormalige redakteur van die Hoëvelder, het tydens die EHS se Lourierfunksie verlede Vrydag ’n besondere eer te beurt geval toe hy aangewys is as die skool se Errie van die Eeu.

Oom Corrie se verbintenis met die skool strek al van 1941 toe hy ’n leerling daar was.

Nadat hy in 1944 gematrikuleer het, het hy ’n paar jaar vir Uniewinkels gewerk en sy band met EHS weer versterk toe hy in 1950 by die Hoëvelder begin werk het.

Hy het sedertdien 60 interhoërbyeenkomste bygewoon en vir die koerant gedek en berig nog steeds oor die rugbywedstryde.

Oom Corrie het die Hoëvelder en die leerlinge en ouers van EHS met wie hy oor die jare te doen gekry he, bedank vir die geleentheid om betrokke te bly by die skool.

Hy het ook sy dankbaarbeid teenoor die skool uitgespreek vir die eer om as Errie van die Eeu aangewys te word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button