News

Vindingryke entrepreneurskap

"Die gate in die pad maak die karre se tyres seer".

’n Werklose man van Ermelo, Mandla Hlatswayo (48) het gesien “hoe maak die gate in die pad die karre se tyres seer” en besluit om iets daaromtrent te doen terwyl hy op die koop toe ’n paar Rand verdien.

Gewapen met ’n graaf en ’n kruiwa trotseer hy die warm son terwyl hy slaggate op die pad tussen Ermelo en Morgenzon naby die Gert Sibande Distriksmunisipaliteitsgebou met grond opvul. Die grond word by ‘n nabygeleë oop veld uitgespit.

By sy “werks plek” is ’n bordjie aangebring waarop die woorde “Donation please” geskryf is.

Die teeroppervlak op dié entjie pad net buite die dorp is in ’n haglike toestand en motoriste moet katvoet ry om die talle slaggate te vermy.

Mandla besef dat sy harde werk tydelik van aard is maar hy sê dit sal tenminste ’n paar motoriste se “tyres spaar”.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button