Erries deur na Tuks-halfeind
In hul wedstryd teen Hoërskool Florida het die Erries se eerste rugbyspan verlede jaar se bordjies verhang toe hulle 31-17 met dié span afgereken het.

Hoërskool Ermelo se rugby-, netbal- en hokkiespanne het die afgelope naweek by Hoërskool Pietersburg aan die kwarteindronde van die Tuksreeks deelgeneem.
In hul wedstryd teen Hoërskool Florida het die Erries se eerste rugbyspan verlede jaar se bordjies verhang toe hulle 31-17 met dié span afgereken het.
Drieë deur Vusi Mkhonza, Arno le Roux, JG Serfontein en Jacobus Celliers is deur Leon Visser met vier doelskoppe en ‘n strafdoel afgerond. Leon Visser is aangewys as speler van die wedstryd.
Dié span se halfeindstryd vind op 1 Mei by Tukkies plaas.
Die 0/14-, 0/15- en 0/16-span het hul onderskeie wedstryde verloor.
Al drie die seunshokkiespanne het teen Hoërskool Nelspruit te staan gekom, maar kon nie die pyp rook nie
Die dogterspanne het beter gevaar met die 0/14-span wat Hoërskool Nelspruit in ‘n spannende wedstryd met ‘n doel deur Ansu Klopper 1-0 geklop het.
Dié span sal in die halfeindstryd vir posisie een tot vier uitspeel .
Die 0/15`s het almal verras met hul “Errie- guts” teen Hoërskool Nelspruit. ‘n Doel deur Janice Harmse in die tweede helfte het aan die Erries hul oorwinning van 1 – 0 besorg.
Hulle sal in die halfeindstryd uitspeel vir posisie 9-12.
Die 0/16-span het hul wedstryd teen Hoërskool Pietersburg verloor, maar sal steeds in die halfeind vir posisie vyf tot agt uitspeel .
Die eerste hokkiespan het op die astrobaan teen Hoërskool Nelspruit te staan gekom waar Tanya Beukes en Anri Beukes die twee wendoele geslaan het.
Hoërskool Nelspruit kon net een doel aanteken.
Dié span sal op 1 Mei in die halfeind vir posisie een tot vier uitspeel.
Die 0/16-span hul staal gewys toe hulle 19-14 met Hoërskool Florida afgereken het.
Die 0/14A-span verloor hul wedstryd 8-10 teen Vereeniging Gimnasium en die eerstes verloor ook hul wedstryd teen Hoërskool Nelspruit. Al dié spanne speel in die halfeindstryde by Tukkies.



















