Drie beseer in botsing met trein
Die motor is deur die verbygaande trein, wat houttrokke gesleep het getref en etlike meters ver gestamp waar dit teen ’n verkeersteken tot stilstand gekom het.
Ermelo: Drie mense, 31-jarige vrou, ’n 44-jarige man en ’n 10-jarige kind het ligte tot geringe beserings opgedoen toe’n ligte passasiersvoertuig omstreeks 07:00 Donderdagoggend by ’n spooroorgang buite Ermelo in botsing met ’n stadigbewegende trein betrokke was.
Die ongeluk het veroorsaak dat die N17 tussen Ermelo en langer as twee ure vir verkeer gesluit was.
Volgens polisiewoordvoerder op Ermelo, kapt. Carla Prinsloo dui nuwe inligting daarop dat die bestuurder van die ligte voertuig in die digte mis te na aan die spoorlyn stilgehou het.
Die motor is deur die verbygaande trein, wat houttrokke gesleep het getref en etlike meters ver gestamp waar dit teen ’n verkeersteken tot stilstand gekom het.
Die beseerdes is deur ER24 na die Medi Clinic Ermelo vervoer waar hulle vir hul beserings behandel is.
Amptenare van Transnet was op die toneel om die oorsaak van die ongeluk te ondersoek
’n Saak van roekelose en/of nalatige bestuur word deur die polisie ondersoek.