Local newsNews

Tannie Miem se stem is stil

Tannie Miem was baie bekend en geliefd in die boeregemeenskap.

Tannie Miem Oosthuizen is verlede Donderdag na ’n lang siekbed op die ouderdom van 78 oorlede.

Sy en haar man, Jan, het in 1965 na die distrik verhuis en op die plaas Uitzigt (33km buite Ermelo op die pad na Morgenzon) begin boer.

Tannie Miem was jarelank tot met haar aftrede by die poskantoor in Ermelo werksaam.

Sy was baie bekend en geliefd in die boeregemeenskap.

Tannie Miem laat haar man, sewe kinders, 18 kleinkinders en 11 agterkleinkinders agter.

Die begrafnisdiens vind Vrydag, 10 Julie om 10:00 by die Nederduits gereformeerde kerk Morgenzon plaas, ds. Dion van Dyk sal die diens lei.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button