Editor's choiceLocal newsNews

Een dood, talle beseer in drie padongelukke

Lede van die Msukaligwa Brand- en Reddingsdienste moes lewenskake gebruik om die oorledene uit die wrak los te sny.

Drie ongelukke, een daarvan noodlottig, het die afgelope tyd op die N2 tussen Ermelo en Piet Retief plaasgevind.

Die bestuurder van ‘n ligte motorvoertuig is verlede Donderdagaand op die toneel deur nood­dienspersoneel van Mpumalanga Ambulansdienste dood verklaar en ‘n swaarvoertuigbestuurder is lig beseer in ‘n botsing reg van voor op dié pad.

Die botsing het omstreeks 21:30 sowat 50km vanaf Ermelo gebeur.

Die vragmotor wat ‘n vrag kunsmis vervoer het, het ná die botsing sowat 200m van die ongelukstoneel in die veld op sy sy tot stilstand gekom.

Die bestuurder is deur nooddienspersoneel van ER24 na die Ermelo Provinsiale Hospitaal geneem.

Vroeër die aand is drie mense lig beseer in ‘n ongeluk reg van voor by die kruising van die N2 en Havengaweg. Vier ander insittendes is ongedeerd.

Sondagmiddag het een persoon geringe beserings opgedoen toe die bestuurder van ‘n ligte voertuig beheer oor sy voertuig verloor het nadat ‘n band gebars het en dit van die pad geloop en omgeslaan het.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Drie mense is lig beseer in ’n botsing by die kruising van Havengaweg en die N2.
Drie mense is lig beseer in ’n botsing by die kruising van Havengaweg en die N2.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button