Diere is eienaars se verantwoordelikheid
Met die Kersseisoen op hande, begin die getalle diere wat by EARS afgelaai word, weer toeneem.

Ermelo Animal Rescue Society (EARS) sien al jare om na die welstand van mishandelde, verlore en huis-en eienaarlose diere.
Met die Kersseisoen op hande, begin die getalle diere wat by EARS afgelaai word, weer toeneem.
Volgens ’n ontstelde Ronél van der Merwe, voorsitter van EARS, gebeur dit jaarliks dat mense hul diere voor en gedurende die vakansieseisoen by hulle aflaai of, soos sy sê, “stort”, vir die blote rede dat die diere met hul vakansieplanne inmeng.
Sy sê elke dier wat ingeneem word omdat sy eienaars nie verantwoordelikheid vir sy versorging wil aanvaar nie, ontneem hulp van diere wat dit werklik nodig het.
Volgens Ronél raak die hokke voller en die beskikbare geld al hoe minder.
“Ons kan nie meer voorbly met die volhou van die kosbakke nie en om die diere gesond te hou, is ook ’n uitdaging.”
Ronél doen ’n dringende beroep op die gemeenskap om hulle te help met kos vir die 42 honde en 12 katte waarna hulle tans omsien.
Vir meer inligting of om ’n skenking te maak, skakel Ronél by 083 976 7113 of 083 400 1079.
Op die foto’s is ’n paar van die honde wat op soek is na liefdevolle eienaars.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590











