Sr. Woithe verlaat Ermelo
Ek is dankbaar dat my beroep my as jong verpleegster instaat gestel het om die wêreld te kon sien.
Me. Gertrude Woithe (foto), aan baie Ermeloërs bekend as Sr. Woithe, het besluit om Ermelo te verlaat en gaan haar in ‘n Duitse aftree-oord in Pretoria vestig.
Sr. Woithe was alombekend in verpleegkringe waar sy vir baie jare as geregistreerde verpleegkundige by die Ermelo Provinsiale Hospitaal en Kliniek gewerk het.
Sy het reeds in 1994 afgetree, maar haar passie vir die beroep wat sy vir baie jare beoefen het, het behoue gebly.
“Dit is vir my hartseer om Ermelo ná al die jare te verlaat. Ek is hier gebore en het hier skoolgegaan en buiten vir die paar jaar wat ek in ander stede in Suid-Afrika en ook in Londen en Berlyn verpleeg het, was ek my lewe lank ‘n Ermeloër.
Ek is dankbaar dat my beroep my as jong verpleegster instaat gestel het om die wêreld te kon sien. Ek het in 1965 teruggekom Ermelo toe en woon sedert 1973 in dieselfde woonstelblok.”
” Ek sê tot siens aan al my vriende en almal wat my ken. Jammer ek kon nie elkeen persoonlik groet nie. Mag dit goed gaan met almal.”
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



