CrimeEditor's choiceLocal newsNewsBreaking News

Bejaarde boer op plaas vermoor

Die paartjie is erg deur die aanvallers aangerand. Mnr. van Zyl het aan sy beserings beswyk.

Mnr. Bernie van Zyl, ‘n bejaarde boer van die plaas Geelhoutboom naby Panbult (Mpumalanga) is Saterdagmiddag om ongeveer 16:45 op sy plaas deur ‘n onbekende aantal aanvallers aangerand en vermoor.

‘n Vriendin, Charlotte, is met veelvuldige beserings in ‘n hospitaal op Ermelo opgeneem. Haar toestand is onbekend.

Die paartjie is erg aangerand tydens die voorval.

Lede van die omgewing se plaaswag en polisie is onmiddelik in die gebied ontplooi en teen laatmiddag is minstens een verdagte in hegtenis geneem.

Gesteelde goedere asook twee wapens is teruggevind.

Daar word gesoek na nog verdagtes.

Dit is die tweede keer dat die paartjie op die plaas aangeval is.

Verdere inligting volg.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button