Kanker eis Annatjie
Sy sal onthou word as die vrou met die groen "Volla" wat sy 36 jaar lank bestuur het
‘n Bekende Ermeloër, Annatjie Fourie (54), is Donderdag, 4 Februarie ná ‘n stryd teen kanker in die Wilgers-hospitaal in Pretoria oorlede.
Sy was voorheen by FNB, Saffas (Doves), Nashua en EN Building Supplies werksaam en sal onthou word as ‘n opgewekte en vriendelike mens wat altyd bereid was om mense te help waar sy kon.
Baie mense sal haar onthou as die vrou met die groen “Volla” wat sy 36 jaar lank bestuur het. Sy het altyd gesê mense groet haar net in die Volla en ken haar nie in ‘n ander voertuig nie.
Annatjie was altyd baie lief vir kinders en was soos ‘n magneet wat hulle aantrek.
Haar familie en vriende sal haar baie mis.
Sy word oorleef deur haar eggenoot, twee dogters, skoonseuns en drie kleinkinders.
Die verassingsdiens vind Vrydag (12 Februarie) om 11:00 in die Hervormde Kerk Ermelo-Suid, Dr. Malanstraat, Ermelo plaas.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



