Local newsNewsBreaking News

Tornado verwoes Chrissie vakansieoord

“Ons het die oord so ’n paar jaar gelede tot stand gebring om voorsiening te maak vir ons aftrede".

’n Verwoestende tornado het Dinsdagmiddag ongeveer 17:00 die Eilandsmeer vakansieoord naby Chrissiesmeer, Mpumalanga, in puin gelaat.

Houthuise en drie woonwaens, waarvan een toegebou was asook die ablusieblokk het in die slag gebly. Die dak van ’n woonhuis op ’n buurplaas is ook deur die tornado afgewaai.

Eilandsmeer word deur mnr. Nevile Adams (67) en sy vrou Ellie (66) bedryf en is hul enigste bron van inkomste.
Volgens mnr. Adams het die tornado eers oor die nabygelëe meer, Lake Chrissie gedraai en al nader aan die oord beweeg.

“Ons kon toe net magteloos staan en kyk hoe die skade in ’n oogwink aangerig word. Gelukkig is ons woonhuis nog staande” het hy gesê.

“Ons het die oord so ’n paar jaar gelede tot stand gebring om voorsiening te maak vir ons aftrede. Hoewel ons huidiglik op klein skaal in bedryf is, het ons planne gehad om die plekkie uit te brei. Nou bly daar niks oor nie en ons sal van vooraf moet begin. Maar hoe en met wat?

“Behalwe vir ’n paar kamp-staanplekke is ons volbespreek vir die komende Desember vakansie. Ons is nou genoop om die besprekings te kanselleer en dit beteken verdere verliese vir ons,” het mnr. Adams aan die Hoëvelder vertel.

Navrae kan gerig word aan Neville Adams by 082 493 5440.

* In Julie vanjaar het ’n tornado grootskaalse skade aan ’n plaas en statte suid van Ermelo aangerig.

01 02 03 04 05 07

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button