Local newsNews

Pieter sterf ná hartaanval

'n Jarelange inwoner van Ermelo, mnr. Pieter du Randt (67) is Woensdag 30 November ná 'n hartaanval in die Hoëveld MediClinic op Trichardt oorlede.

‘n Jarelange inwoner van Ermelo, mnr. Pieter du Randt (67) is Woensdag 30 November ná ‘n hartaanval in die Hoëveld MediClinic op Trichardt oorlede.

Hy was sedert 22 November in dié hospitaal waar hy vir nier- en hartversaking behandel is.

Pieter is op 20 Maart 1949 in Witbank gebore en het sy skoolopleiding aan die Hoërskool Genl. Hertzog aldaar ontvang.

Hy het op die Vandyksdriftmyn gewoon tot 1970 toe hy met Charmaine Hölscher getroud is.

Drie kinders, twee dogters en ‘n seun is uit die huwelik gebore.

In 1974 het die egpaar na Ermelo verhuis waar hy tot en met sy aftrede in 2007 by die Spitzkopmyn gewerk het.

Pieter was ‘n kranige rolbalspeler maar moes die sport vaarwel toeroep weens swak gesondheid die afgelope drie jaar.

Hy laat sy vrou, drie kinders, asook vyf kleinkinders agter. (CK)

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button