Local newsNews

Ermelo reënval bo-gemiddeld

Daar was geen reënlose maand nie, hoewel April die droogste op rekord is.

Ermelo se reënval vir die afgelope jaar (2016) is heelwat bo die jaarlikse gemiddeld van 800 mm.

By die SAVF -Huis in die middedorp is 843,75 mm gemeet. Dit is 288,90 mm meer as die vorige jaar se neerslag.
November met 259,50 mm was die natste maand. In twee dae, 26 en 28 November, het 125 mm uitgesak wat gelykstaande is aan die gemiddelde jaarlikse November-neerslag.

Januarie en Junie se reënval is ook bo die gemiddeld.

Daar was geen reënlose maand nie, hoewel April die droogste op rekord is.

Die maandelikse neerslae in millimeter is: Januarie 178, Februarie 62,95, Maart 152,75, April 1, Mei 6,75, Junie 9,25, Julie 0,55, Augustus 1,25, September 9, Oktober 45,75, November 259,50 en Desember 114.
Goeie reën het ook die afgelope jaar in dele van die distrik uitgesak.

Op mnr. Jannie Jacobsz se plaas Tweefontein tussen Davel en Estancia het dit 868 mm gereën.
Meer as ‘n derde van die neerslag, 367 mm, is in November aangeteken.
Die maandelikse neerslae in milli-meter is: Januarie 179, Februarie 58, Maart 60, April 15, Mei 2, Junie 7, Julie 0, Augustus 5. September 2, Oktober 87, November 367 en Desember 86. (CK)

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button