Local newsNews

Begaafde musikant sterf

Johan, of Lompies soos hy ook bekend was is op die ouderdom van 78 jaar aan orgaanversaking in 'n Pretoriase hospitaal oorlede.

‘n Jarelange inwoner van Ermelo, mnr. Johan Lombard wat veral in die motorhandel bekend was, is Dinsdag, 3 Januarie op die ouderdom van 78 jaar aan orgaanversaking in ‘n Pretoriase hospitaal oorlede.

Hy het gesterf vyf dae nadat hy met erge emfiseem in die hospitaal opgeneem is.
Johan, of Lompies soos hy ook bekend was, is op Carolina gebore en het as jongeling saam met sy ouers na Ermelo verhuis.

Omstreeks 1956 het hy aan die EHS gematrikuleer.

Ná sy skoolopleiding het hy op Carolina as motorwerktuigkundige begin werk.

Later het hy na Ermelo teruggekeer waar hy sy loopbaan in die motorhandel voortgesit het.

Johan was ‘n kranige rugbyspeler wat as skrumskakel vir Ermelo-dorp uitgedraf en erekleure in dié sport verwerf het.

Hy was ‘n begaafde lid van ‘n musikale familie en het met sy konsertina baie vermaak verskaf, ook aan die inwoners van die SAVF-Huis waar hy sedert 1 September 2015 gewoon het.

Johan laat sy seun en dogter uit sy huwelik met Marie Viljoen van Nelspruit, asook ses klein- en twee agterkleinkinders agter (CK)

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button