Local newsNews

Oudredakteur is ook digter

Oom Corrie Kleinhaus, is verlede week aangewys as kategoriewenner in die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans (GHA) se digkunskompetisie.

Oudredakteur van die Hoëvelder, Oom Corrie Kleinhaus wat onlangs sy 90ste verjaardag gevier het, is verlede week tydens ‘n glansgeleentheid by die Voortrekkermonument, aangewys as kategoriewenner in die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans (GHA) se digkunskompetisie.

Die GHA-kompetisie skep vir digters die geleentheid om hul werk in verskillende kategorieë in te skryf waarna die beste gedigte in ‘n bundel uitgegee word.

Oom Corrie het 10 gedigte ingeskryf waarvan sewe in die bundel Stemme uit die Suiderland, geplaas is.

Sy gedig Kindersmart is aangewys as die wenner in die algemene kategorie.

Oom Corrie sê hy beskou homself nie as ‘n digter nie, eerder as ‘n rymelaar wat graag ook limerieke skryf.

‘n Limeriek uit sy pen, Sonder salaris, lui:

Ek is nou ‘n pensioenaris
wat die werksklas gespaar is,
wat die lewe kan geniet,
maar tot my verdriet
kry ek nie meer ‘n salaris.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button