Editor's choiceNewsSchools

Ligbron ‘n top-skool in Mpumalanga

Die hoof van Ligbron, mnr. Dup van Rensburg, het dié uitsonder-like prestasie toegeskryf aan elke personeellid se toewyding en professionaliteit asook die goeie dissipline en volgehoue harde werk van die leerders.

Ligbron Akademie vir Tegnologie is ná die bekendmaking van die finale uitslag van die 2016-matriekeindeksamen as die vierde beste presterende akademiese staatskool in Mpumalanga aangekondig.

Dit kom ná ‘n assessering van die akademiese prestasies van sekondêre skole in Mpumalanga deur die Departement Basiese Onderwys.

Skole se algehele persentasie-punt is bepaal deur die volgende saamgestelde faktore: algehele slaagsyfer, slaagsyfer in wiskunde, aantal leerders wat wiskunde as vak neem, slaagsyfer in fisiese wetenskap, aantal kandidate wat met universiteitsvrystelling geslaag het, aantal vakonderskeidings behaal en die aantal leerders wat deurgesit word.

Die top 15 staatskole in Mpumalanga is: Middelburg Muslim School, Highveld Muslim Combined School, Hoërskool Nelspruit, Ligbron Akademie vir Tegnologie, Hoërskool Middelburg, The King’s School, Hoërskool Ermelo, Hoërskool Secunda, ST George High School, Hoërskool Piet Retief, Hoërskool Standerton, Hoërskool Rob Ferreira, Hoërskool Kanonkop, Hoërskool Lydenburg and HTS Witbank.

Die hoof van Ligbron, mnr. Dup van Rensburg, het dié uitsonder-like prestasie toegeskryf aan elke personeellid se toewyding en professionaliteit asook die goeie dissipline en volgehoue harde werk van die leerders.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button