Ermelo buurtwag Sektor 3 trek nuwe baadjie aan
Mense wat by Sektor 3 wil aansluit, kan enige van die komiteelede skakel - kry nommers hier!
Ermelo Buurtwag Sektor 3 het onlangs ‘n nuwe komitee verkies en hoop om voort te bou op die goeie werk van hul voorgangers.
Hulle werk nou saam met die polisie, ACSU, brandweer en ander nooddienste en is beskikbaar om bystand te verleen waar nood is.
Sektor 3 bestaande uit die oostelike gebied en middedorp nooi die gemeenskap uit om hande te vat in die bekamping van misdaad en bystand in nood.
Mense wat by Sektor 3 wil aansluit, kan enige van die komiteelede skakel. Enige persoon kan ‘n verskil maak, uitsonderlike talente is nie ‘n vereiste nie.
Nuwe lede hoef nie noodwendig oor ‘n tweerigtingradio te beskik of een ten duurste aan te skaf nie.
Hulle kan inskakel op die whatsApp-groep of hulle kan op hoogte bly met Zello op hul slimfone.
Om aan te sluit of by een van die groepe gevoeg te word, skakel gerus een van die volgende nommers:
Christo Raath – voorsitter – 061 797 3266, Lizelle Olivier – ondervoorsitter – 079 501 0215, Shannon Kleynhans – tesourier – 062 408 1924, Theo Craven – patrolliehoof, intelligensie – 081 733 0032 of Chris Raath – taakspankommunikasie – 082 849 6465.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.