Local newsNews
Amsterdam vriende genooi om saam te kuier
Skakel 082 459 1481 vir aanwysings en besprekings.

Phillip en Joey du Bruyn nooi alle oud- en huidige Amsterdammers om op 21 Oktober saam op hul plot (plasie) te kom kuier.
Dit is ‘n informele byeenkoms en julle kan sommer in julle kortbroeke opdaag.
Die plasie is sowat 20 km oos van Pretoria op die R104 geleë.
Skakel 082 459 1481 vir aanwysings en besprekings.
Toegang is gratis. Daar is ook ‘n gaste-huis, Skaapkraal Gastehuis, binne stapafstand vir die wat wil oorslaap.
Skakel 082 929 4977 vir besprekings.
Daar is sitplek, maar besoekers word aangeraai om ‘n opvoutafel, eetgerei,’n sambreel en stoele saam te bring.
Bring ook wat julle wil eet en drink en eie braaiers is welkom.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



