Een uit 29 Suid-Afrikaanse vroue kry borskanker
Vroue 40 jaar of ouer, of wat ander risikofaktore het, behoort elke twee tot drie jaar vir ’n mammogram verwys te word.

Borskanker is die mees algemene kanker by Suid-Afrikaanse vroue.
Vroeë borskanker toon gewoonlik nie simptome nie, maar soos die gewas groter word, kan die bors anders begin lyk of voel.
’n Paar veranderinge sluit in ’n knop of verdikking in of naby die bors of armholte sowel as kuiltjies of rimpels in die vel van die bors.
Die vel van die bors lyk of voel soos lemoenskil.
Gereelde ondersoeke gee gemoedsrus en kan jou lewe red.
Besoek die Kansa-webtuiste by www.cansa.org.za vir aanwysings oor hoe om die ondersoek te doen.
Bespreek enige veranderinge wat jy opmerk onmiddellik met jou gesondheidspraktisyn.
As jy ’n verandering in jou borste of armholtes opmerk, vra jou mediese praktisyn om ’n kliniese borsondersoek (KBO) te doen.
Vroue 40 jaar of ouer, of wat ander risikofaktore het, behoort elke twee tot drie jaar vir ’n mammogram verwys te word.
Jy het ’n groter kans om borskanker tekry indien jy ouer as 50 is, jy ’n gesinslid met kanker het, jy ’n persoonlike geskiedenis van kanker het en daarvoor behandel is, jou borsweefsel baie dig is, jy nog nooit geboorte geskenk het nie, of as jy 35 of ouer was met jou eerste swangerskap.
Studies toon dat vroue wat mondelike voorbehoedmiddels gebruik ’n groter kans het om borskanker te kry as vrouens wat dit nooit gedrink het nie.
Die risiko verlaag as jy dit vir meer as 10 jaar ophou gebruik het.
Jy het ook ’n groter kans om borskanker te kry indien jy post-menopousaal is en gekombineerde hormoonvervangingsterapie (HVT) gebruik wat estrogeen en progesteroon bevat en jy meer as een standaard-sopie alkohol per dag gebruik.
Onthou egter ook dat meeste vroue met verskeie risikofaktore nooit borskanker ontwikkel nie.
Kanker kan ook voorkom word deur fisiek aktief te wees, te waak teen oorgewig en jou alkoholinname te beperk.
Mans kry ook in uitsonderlike gevalle borskanker.
Vir meer inligting, teken in op Kansa Nasionale Facebook-blad, skakel tolvry op 0800 22 66 22 of e-pos info@cansa.org.za.
(Bron: Kankervereniging.)
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.



