Local newsNews

Huis van gruwels – Ouers wat eet terwyl honger kind kyk, bly in aanhouding

’n Agtjarige meisie is met bebloede boude sonder onderklere gevind terwyl haar nege maande oue boetie se doek vol bosluise en insekte was.

Hul pasgebore bababoetie van ses dae oud, het nie ’n druppel kos in sy maag gehad nie. Saam moes hulle tussen hondeontlasting en vrot kos op die matte sit en lê.

Volgens die Middelburg Observer was die meisie nooit in die skool nie en is op soveel geleenthede na bewering deur haar 44-jarige pa verkrag, dat sy by polisiemanne gepleit het om haar nooit weer terug te stuur huistoe nie.

Die kinders se ouers is saam aangekla.

Volgens die Middelburg Observer was die pasgeborene swak en ondervoed, maar paramedici moes eers klosse hond en kathare uit die kind se neusholtes, mond en ore verwyder.

Lees die volledige berig op die Middelburg Observer. 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button