GeneralLocal newsNews

Ermelo Rotariërs hou Kersmark

Die Ermelo Rotariërs het verlede Vrydagaand hul Kersaandmark by die skouterrein gehou.

Die Ermelo Rotariërs het verlede Vrydagaand hul Kersaandmark by die skouterrein gehou.

Mense het deurentyd die stalletjies besigtig en kos en ietsie vir die die keel gekoop.

Daar was iets vir ieder en elk se smaak waaronder skilderye, handgemaakte artikels, koek, speelgoed en vele meer.

Ondernemings het ook stalletjies gehad waar hulle hul produkte uitgestal het.

Die Mej Kersmark Skoonheidskompetisie was een van die hoogtepunte van die die aand en die deelnemers moes volgens ’n Kerstema aantrek.

Die meisies op die loopplank is met luide applous begroet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button