GeneralLocal newsNews

Haelstorm verwoes landerye en plantasies

50mm reën het binne ’n halfuur op mnr. Loutjie Geldenhuys se plaas geval.

’n Haelstorm wat die Sheepmoor-omgewing verlede Vrydagmiddag getref het, het groot skade aangerig.

50mm reën het binne ’n halfuur op mnr. Loutjie Geldenhuys se plaas geval.

Op sy buurman, mnr. van Tonder het daar 60mm geval en op mnr. Phillip Randell se plaas het daar 80mm geval.

Volgens mnr. Louwtjie Geldenhuys het die storm wat omstreeks 5nm begin het, sowat ’n halfuur geduur.

Mielielanderye, sojalanderye en boomplantasies het in die slag gebly.

Die “Lion match”-boomboere het al hul jong dennebome verloor weens die Zandspruit wat sy walle oorstroom het met plantasies daarna onder water.

Plaashuise en werkers se huise het ook oorstroom en dakke is afgewaai.

Een boer is 28 bokke kwyt.

Akkerbome wat eeue lank op ’n plaas gestaan het, het omgewaai.

Mnr. Phillip Randell het saam met Vrydagmiddag se storm die afgelope week sowat 800ha se mielies en soja op sy plase verloor.

Die hael het verlede Saterdagmiddag nog teen die geboue en op dakke gelê.

Die omvang van die skade kon nog nie teen druktyd bepaal word nie.

Volgens mnr. Geldehuys is die gemiddelde reënval vanjaar vir Oktober 63mm, vir November 174mm en sover vir Desember 190mm.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button