Kaylee is Januarie se mooiste baba
Ollie die Nar gaan ook vir haar kom kuier op haar verjaarsdag
Kaylee Daniel van Ermelo is skaars ’n jaar oud en het reeds gewys sy het nie net ’n mooi gesiggie nie, maar is ook baie gewild onder Beeld se lesers.
Sy is die wenner van Januarie se Beeld se Baba van die Jaar 2017-kompetisie.
Kaylee is die tweede dogtertjie van Gary en Sanet Daniel en word op 12 Maart een jaar oud.
Sanet het gesê dat Kaylee ’n sagmoedige, vriendelike baba is, maar reeds haar voetjie kan neersit.
Kaylee wen ’n Eennag-wegbreek en ontbyt vir haar en nog twee mense.
Die geskenk is R4 000 werd en hulle kan gaan uitspan by ’n oord van die Legends Hospitality-groep.
Daarby wen sy ’n vakansie ter waarde van R3 500 by enige plaaslike Forever Resort-oord, ’n geskenkpak met Afrikaanse boeke van Penguin Random House, ’n geskenkbewys van Prima Toys, ’n geskenkbewys van Bata en ’n geskenkbewys van 4aKid.
Ollie die Nar gaan ook vir haar kom kuier op haar verjaarsdag.
Die algehele wenner sal in Mei bekendgemaak word.
Haar ouers het almal, wat haar so getrou ondersteun het, bedank.



