NewsSchools

EHS-Onnies word bemagtig by ATKV Drama Indaba

ATKV het ook projekte waarby hulle nou betrokke is, aan die gehoor bekend gestel soos die “Seënsakkie”- en renosterprojek.

Twee onderwysers, me. Gerda van Zyl en me. Mariaan Rust van Ermelo Hoërskool het Saterdag, 23 Februarie die Drama Indaba in Pretoria bygewoon.

Dié kursus is deur die ATKV aangebied met regisseurs en akteurs soos Kaz McFadden, Schalk Schoombie, André Velts.

Henry Mylne het die kursusgangers bemagtig met inligting in verband met die dissipline van ’n akteur, waar Suid-Afrika se drama staan teenoor die res van die wêreld, hoe om jong mense voor te berei vir naskoolse opleiding in drama, asook wat regisseurs van jong akteurs verwag.

ATKV het ook projekte waarby hulle nou betrokke is, aan die gehoor bekend gestel soos die “Seënsakkie”- en renosterprojek.

EHS se onderwysers het die kursus baie geniet en is dankbaar vir die wonderlike geleentheid.

Related Articles

Back to top button