Die graad 11-Landbouleerders van Hoërskool Ermelo het op Maandag, 11 Maart, die appelpakhuis in Ermelo besoek.
Dit was ’n baie insiggewende en leervolle dag.
Mnr. Dawid Reyneke, bestuurder van die pakhuis, het die leerders ingelig oor hoe die hele proses werk van die oes van die appels tot by die verpakking en verkope.
Die leerders het geleer van die klassifisering, gradering, verpakking en bemarking van appels.
Die tegnologiese vooruitgang in die appelbedryf was veral baie interessant.
Hulle het ook beleef hoe wetenskaplike beginsels tydens die suikerinhoud-bepaling van die appels gebruik word.
“Baie dankie aan mnr. Dawid en me. Koula vir al die moeite en ‘n onvergeetlike ervaring,” het die skool afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



