NewsSchools

Hoërskool Ermelo spog met 111 A-simbole en 147 B-simbole na die hermerk van vraestelle

Hoërskool Ermelo se simbole het na die hermerk met 12 A-simbole, een B-simbool en twee C-simbole gestyg.

Hoërskool Ermelo se simbole vir die 2018 matriekeindeksamen het na hermerk met 12 A-simbole, een B-simbool en twee C-simbole gestyg.

Die Erries het ’n totaal van 111 A-simbole en ’n besondere 147 B-simbole vir die eksamen ontvang.

Jenna Lewis se totale onderskeidings het van vier na ses opgeskuif. Sy het ’n onderskeiding vir Afrikaans Huistaal, asook vir wiskunde ontvang.

Lydia Landman het een onderskeiding bygekry wat haar nou met ses onderskeidinings laat. Haar Engels Eerste Addisionele Taal punte het vanaf 78 persent na 83 persent verbeter.

Berné de Kock en Elbeth Badenhorst het elk twee onderskeidings by hul reeds bestaande drie gekry.

Franchoné Mulder het ’n A-simbool in Afrikaans Huistaal bygekry, wat haar met vier onderskeidings laat.

Eloïse Delport het vir Engels Addisionele Taal en geografie onderskeidings ontvang, wat haar nou met vier onderskeidings laat.

Sharné du Plessis het vir Engels Addisionele Taal ’n onderskeiding gekry, en Dillon van der Merwe het vir geografie ’n onderskeiding bygekry.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button