Mnr. Simon Prince Shongwe, die Breyten Landdroshof-tolk, het op 20 Mei op aanklag van korrupsie in die Ermelo Laddroshof verskyn.
Dit volg nadat vyf verdagtes op 7 Mei op aanklag van veediefstal in hegtenis geneem is.
’n 32-Jarige man, wat vermoedelik ’n prokureur van Pretoria is, tesame met 11 ander verdagtes, is op Dinsdag 7 Mei, in die Breyten-omgewing op aanklag van veediefstal in hegtenis geneem.
’n Reaksiespan van ACSU, het op 17 Mei, met die hulp van Middelburg Polisie se korrupsie-eenheid ’n lokval vir Shongwe gestel en nadat ’n deposito aan hom oorhandig is, is hy in hegtenis geneem.
Volgens inligting sou Shongwe beweerdelik reël vir borgtog vir die bogenoemde beskuldigdes teen R5 000 per persoon.
Die saak teen Shongwe is tot 24 Junie vir verdere ondersoek uitgestel en die Hoëvelder sal lesers van enige verwikkelinge op hoogte hou.



