NewsSchools

Ligbron seunshokkiespanne behaal gemengde welslae

Ligbron se eerste- en tweedespanne het op 17 Mei teen Hoërskool Secunda gaan speel met die eerstespan wat hulle wedstryd gelykop gespeel het met 1 doel elk en die tweedespan het hul wedstryd met 1-5 verloor het.

Die seunshokkiespanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie het onlangs hul laaste ligawedstryde vir die seisoen gespeel.

Die eerstespan het op 13 Mei in Hendrina teen Hendrina Gekombineerd gespeel en die wedstryd 4-1 gewen, terwyl die tweedespan tuis teen Morgenzon Landbou Akademie met ’n telling van 0-2 verloor het.

Die 0/14- en 0/16-spanne het teen Hoërskool Secunda se 0/14- en 0/15-spanne te staan gekom.

Die 0/14-span het in Secunda gespeel en hul wedstryd met 5-0 gewen, terwyl die 0/16-span tuis gespeel en hul wedstryd met 2-5 verloor het.

Ligbron se eerste- en tweedespanne het op 17 Mei teen Hoërskool Secunda gespeel met die eerstespan wat hul wedstryd gelykop gespeel het met 1 doel elk.

Die tweedespan het hul wedstryd met 1-5 verloor.

Die 0/16-span het op 18 Mei, teen Hoërskool Secunda in Secunda te staan gekom en het dié wedstryd met 0-5 verloor.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button