NewsSchools

EHS hokkie val vas in kwalifiserende wedstryde

Die Erries het in die “sudden death” hul stryd verloor en is aangewys as die ligawenners van die streek enhet algeheel vierde in Mpumalanga geëindig

Hoërskool Ermelo se 0/14A-dogtershokkiespan het tydens die 2019-hokkieseisoen gewys wat in hulle steek.

Hierdie span van die Erries het as die ligawenners van die streek uitgetree, maar het tydens die kwalifiserende wedstryd vir Noordvaal teen Hoërskool Middelburg hul wedstryd 0-3 verloor en algeheel vyfde in Mpumalanga geëindig.

Hulle het algeheel vyfde in Mpumalanga geëindig.

LEES OOK: Errie-Redenaars blink uit tydens Artisticulta-redenaars se nasionale ronde

EHS se 0/16A-dogtershokkiespan het op 30 Julie teen Hoërskool Secunda te staan gekom in die kwalifiserende wedstryd vir Noordvaal.

Die Errie-dogters het van die begin af gebiedsvoordeel geniet, maar kon nie afrond nie en het die wedstryd het met een doel elk geëindig.

Die Erries het in die “sudden death” hul stryd verloor en is aangewys as die ligawenners van die streek en het algeheel vierde in Mpumalanga geëindig.

Mnr. Pierre Grobler, Hoërskool Ermelo se hoof, het gesê: “Baie geluk aan elkeen van die 0/14A- en 0/16A-dogters vir ’n wonderlike seisoen.

“Groot dank ook aan die afrigters, me. Corlia Pienaar en me. Anna-Marie van Heerden vir die opoffering, omgee en ure se harde werk.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button