Tennisspelers van Hoërskool Ermelo het die naweek van 19 tot 21 Julie aan die Buffelspoort-tennistoernooi deelgeneem.
Skole soos Wesvalia, Hartebeespoort, Klerksdorp, Sasolburg, Potchefstroom Gimnasium, Montana en Affies het gesorg vir strawwe kompetisie.
LEES OOK: EHS hokkie val vas in kwalifiserende wedstryde
Die EHS se seunsspan het 12de uit 16 spanne geëindig en die dogterspan het sesde uit sewe spanne geëindig.
Dié toernooi was goeie bloodstelling aan die tennisspelers in die nuwe “Fast Four”-formaat.
Die dogters is ná die naweek aangewys as die span met die beste gees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



