NewsSchools

EHS-Fast 5-netbal presteer by Middelburg-toernooi

Suné Viljoen is tydens dié toernoor, as die o/17-speler van die toernooi aangewys.

Hoërskool Ermelo se netbalspanne het op 31 Augustus aan die Middelburg Fast 5-toernooi deelgeneem.

Die 0/15A-span het vier uit hul vyf wedstryde gewen. Hul uitslae is:

EHS wen Standerton 42-11, EHS wen Kanonkop 23-12, EHS wen Patriot 32-8, EHS wen Kanonkop 24-17, en het teen Hoërskool Nelspruit 17-24 verloor.

Dié span het derde in die toernooi geëindig.

Die 0/17A-span het vyf wedstryde uit die ses gewen en spog met die volgende uitslae:

EHS wen John Voster 13-12, wen Kanonkop 29-17, EHS verloor teen Middelburg A 10-20, wen Standerton 18-10, wen Kanonkop B 26-6 en het Middelburg B met 21-4 gewen.

Dié uitslae het verseker dat die 0/17A-span van Hoërskool Ermelo as naaswenners weggestap het.

Suné Viljoen is tydens dié toernooi, as die o/17-speler van die toernooi aangewys.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button